Begin van Brahmanklubs
in SA
Die eerste Brahmanklub in SA is in 1974 gestig
en wel onder die destydse pro demokraties stand
van die SA Brahman Genootskap waarvan Mnr Alf
Coetzer toe die president was. Die meeste
raadslede het uit die dig bevolkte Brahmantelers
van die Thabazimbi omgewing gekom. Daar was 'n
gevoel dat ander streke se telers oor die hoof
gesien is om as raadslede te kon dien, en daarom
het die behoefte om 'n klub te stig waar
verskillende telers van ander streke betrokke
kon wees, ontstaan.
Om die Brahmanklub idee meer demokraties te maak
het Tinus Lindeque van Albus Brahmane en John
Swanepoel van Jay Bar Es Brahmane 'n vergadering
belę by die Vereeniging Buiteklub om die idee
rondom 'n klub, die voordele daarvan en 'n
konstitusie vir sodanige klub te bespreek, asook
om die klub idee weer voor te lę by die Algemene
Jaarvergadering van die Brahman Genootskap. Die
vergadering is met baie entoesiasme deur die
volgende paar telers van Vereeniging omgewing
bygewoon, nl. Jakes Barnard, Japie en Ria de
Klerk, Christie de Beer, Jannie Cilliers, Matt
Els, Prof Peet Pienaar en Rudi Lubbe.
'n Komitee is gekies met John Swanepoel as
voorsitter, Jakes Barnard as sekretaris en Japie
de Klerk as tesourier. Daar is ook op die naam
“Vaalrivier Brahman Klub” besluit. 'n
Konstitusie is opgestel in oorleg en in lyn met
die van die SA Brahman Genootskap.
Mettertyd het daar al meer Brahmantelers in die
Vaal omgewing aangesluit waarvonder Christo v
Aardt en Cor Loggenberg (Snr), Dr Ernst Badenhorst
ens.
Die Vaalrivier Brahman Klub het die 1ste klub
veiling van stoetdiere by die destydse Vaalskou
aangebied wat die begin was van vandag se
klubveilings.
Die doelstelling van die klub idee was
grotendeels om kommunikasie binne
streeksverband te bevorder, om kennis te
verbreed, te kuier en Brahman telers beter te
leer ken asook om werkswinkels, skoue en
opleiding aan te bied en om maandvergaderings te
reël, die demokratiese reg van telers te
bevorder binne die SA Brahman Genootskap ook
die destydse konstitusie van die genootskap
vriendeliker te kon maak.
Die idee van klubs asook die begin van klubs is
vandag een van die belangrikste aspekte binne
die genootskap, so kan telers, kopers, beginners
of jong telers meer leer van die mees gehardste
beesras in SA. Die goue lyn van die Brahman
loop dan ook deur baie kommersiële kuddes binne
en buite SA se grense! |